Monday, June 12, 2017

Karoo Mighty Men Confirences

8 Junie 2017
Emmanuel Child&Youth Care,
Namens die KarooMMC komitee wil ons julle bedank vir julle deelname aan Karoo MMC vir die afgelope 7 jaar. Julle was deel van ‘n span wat duisende mense se lewens onherroeplik verander het...
“Praise the Lord, my son is 16 years old and was at MMC last year as well as this year; he was a different boy and has been blessed with all the powerful messages.”
“Thank you for the best weekend ever, me giving my heart to the Lord.”
 Vandag is Karoo Mighty Men ‘n herinnering. Nie iets om af te stof nie maar om naby jou hart te koester...
Stof– FanieLaubscher
Ekhou die stap skoene vas in my hand en wil dit begin afstof, maar huiwer vir ‘n oomblik.
Hierdie stof verteenwoordig so baie.Hierdie is ongelooflike ervaring stof. Dit is stof van die Karoo en my laaste stukkie van tasbare onthou.
Die plaas, die manne wat aanstap, die groot verhoog, die opgewondenheid… alles sulke vinnige terug blik oomblikke wat nou deur my gedagtesspoel. Die musiek begin speel, die indrukwekkende verhoog voor ons en so effe links, die laaste onthou van die grootsheid van ‘n Karoo son sak.
Ek onthou hierdie oomblikke amper die beste van elke jaar se Karoo MMC. Amper soos die Here se verwelkomings groet by die Karoo. Terwyl die wolke subtiel ingekleur word en die manne se stemme begin opdruis kry ek so effense heimweegevoel van ‘n laaste Karoo Mighty Men sonsak. Ek probeer elke sekonde inneem, want ek besef hierdie is ons laaste besoek saam op die plaas.
Ek kyk af en maak my oë toe. Ek bid uit dankbaarheid. Dankbaar vir oomblikke, dankbaar om te kan bid. Ek bid vir my seuntjie se toekoms, sommer vir die oom regsvoor my se toekoms ook. Ek bid oor bekommernisse en ek bid vir Genade. Ek maak my oë oop en sien die droë grond en stukkies gras rondom my skoene. My sit-plekkie op die plaas. My stukkie grond waar ek so baie met die Here sit en praat gedurende die naweek.
Hierdie stof op my stap stewels is nie werklik
stof wat ek wil af skud nie. Dit verteenwoordig so baie. My alleen oomblikke met God tussen duisende manne. My Karoo son sak oomblikke. ‘n Kosbare hartstyd wat ek altyd by my sal dra. Stof wat dalk droogte weerspieël, maar die Karoo is groen en ons binneste ontvang reën wat ons gemoed en geloof versterk en nuwe lewe bring. Nuwe hoop, nuwe uitsien en nuwe denke oor ‘n God wat Sy kosbare beskermende hande om ons vou en ons styf vashou met deernis en onderskraging.
Wat ‘n wonderlike voorreg en seëning om met hierdie herinneringe te kan wegstap.
Ja voorwaar ‘n voorreg om so ‘n ryke herinnering in jou hart te kan dra.
Nogmaals baie dankie, mag julle werklik geseënd wees!
Ruthi van der Merwe (Namens Karoo Mighty Men Komitee)

Image may contain: one or more people and text

No comments:

Post a Comment